Weet jy wie het die moderne hysbak moontlik gemaak? #FunFactFriday

Die Amerikaner, Elisha Otis, het in 1852 ’n veiligheidstoestel ontwerp wat die veiligheidsprobleem met hysers van die era opgelos het. Dit het die bou van wolkekrabbers moontlik gemaak.

‘n Hysbak is ‘n hyswerktuig waarmee mense en goedere in ‘n vertikale skag op en af vervoer word. Moderne hysers word deur elektromotore en met behulp van kabels, katrolle en teengewigte aangedryf. Die vermoë van ‘n hyser om veilige vervoer teen ‘n redelike snelheid te verskaf, het gelei tot die bou van wolkekrabbers en toringgeboue waardeur ‘n beperkte aardoppervlakte doeltreffend benut word deur ‘n groot aantal kamers, kantore, winkels en sale in ‘n opeengestapelde konstruksie te huisves.

Agtergrond oor die veiligheidstoestel

Die toestel het klampe wat aan gidsspore vasgryp sodra die spanning op die hysbaktoue skielik verslap. Die eerste hysbak vir passasiers is in 1857 in ‘n afdelingswinkel, genaamd die Haughwout Department Store, in New York geïnstalleer. ‘n Stoomenjin het die wind-as waarmee die tou opgerol en afgewen is, aangedryf.

Die hysbak kon binne ’n minuut vyf verdiepings hoog styg en was ʼn groot sukses. Verbeterde weergawes van die eerste hyser het in die volgende dertig jaar verskyn, maar werklike vooruitgang is eers gemaak toe die elektromotor vir die aandrywing van hysbakke in 1889 in gebruik geneem is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *