September 16, 2021

Roof oorkant Star of the West

Foto: Brakpanherald

Wees asseblief versigtig indien jy in North Circularweg ry, in die Star of the West-area. ’n Foto van ’n verdagte, wat na bewering vroeër die week by ’n bakkie probeer inbreek het by die verkeerslig, is reeds op sosiale media versprei.

’n Anonieme leser het aan FiND iT bevestig sy het die insident sien gebeur. “Ek en my suster het agter die bakkie, waarin ’n man en vrou was, by die verkeerslig stilgehou. Dit was omstreeks 14:30.”

“Drie mans het uit die bloute gekom. Twee van die verdagtes het probeer om by die passasiersvenster en bestuurdersvenster te probeer deurklim. Ek is nie seker hoe die bestuurder dit reggekry het om die man af te kry nie, maar hy het in die middel van die pad te lande gekom en gelê,” sê sy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *