Patrick Mabilo, die uitvoerende burgemeester, sê Kimberley kan nie nog ’n staking hanteer nie. Daarom doen hy alles is sy vermoë om te onderhandel met die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkers Unie (SAMWU) en die Onafhanklike Munisipale Unie (IMATU) om die staking wat vir Maandag hier beplan is te verhoed.



