Matrikulante moet skoffel; eksamen is om die draai, sê premier

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het op die laaste dag van die winterskool-program leerders aangemoedig om hulle aandag op hulle boeke te hou vir die volgende ses weke voor die eksamen begin.

Leerders van verskeie skole rondom Kimberley het Saul se toespraak by die Hoër Tegniese Skool bygewoon.

“Julle het net twee maande oor om vir die eksamen voor te berei. Daarom het julle voorlopig geen vry naweke nie. Dié van julle wat dalk saans vir die familie ‘n maal moet voorsit en kook, gaan julle ouers om verskoning moet vra sodat julle hierdie tyd kan gebruik vir voorbereiding. Met die laaste resultate van verlede jaar se matrikulante staan die provinsie sewende in die land. Julle verdien om eerste te wees.”

 Voorts sê hy: “Daar is 12 500 matrikulante in die Noord-Kaap en daar is 70 000 in Suid-Afrika. Dit maak dit vir ons moontlik om aandag aan elke matrikulant te gee. Werk hard om met goeie resultate te presteer. Ons sal werk daarvan maak om elke student wat met uitmuntenheid presteer die geleentheid te bied om ‘n beurs te verower.”

Macollen Jack, die LUR van onderwys in die provinsie, sê hulle werk met die mynbedryf aan die moontlikheid vir beurse vir leerders wat met uitmuntende resultate slaag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: