Die polisie het ‘n ondersoek begin nadat die liggaam van ’n man in sy veertigs in ’n veld op ’n plaas naby Springbok gevind is.
Kapt. Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, sê: “Die polisie is op 13 Januarie ontbied nadat die liggaam hier gevind is. Die oorledene is ongeveer 1.68 meter lank en skraal. Hy het ’n baard met kort hare. Hy was geklee in blou jeans, ’n wynrooi sweetpaktop en grys tekkies.”
Voorts sê hy: “Geen vuilspel word in díe stadium vermoed nie. Persone met meer inligting in verband met die voorval kan vir speuder-sers. Peter Mphasa by 082 4955 279 of 083 690 4790 skakel.”
“Die ondersoek duur voort,” sluit Kock af.



