Cell C in die North Cape Mall en Cell C New Park sal vandag en môre toe wees weens die afsterwe van die senior administratiewe bestuurder.
Lamese Herman (28) is vanoggend skielik oorlede. Die rede vir haar dood is nog onbekend. Die assistent bestuurder het aan FiND iT gese: “Sy was nog vanoggend op pad werk toe. Ons moes onderhoude voer, toe ek die oproep van haar familie ontvang.”
Rudi Ferreira, eienaar van Cell C in die Noord-Kaap, sê die afsterwe van Lamese Herman, die administratiewe bestuurder van Cell C North Cape Mall kom as ‘n groot skok.
“Ons almal is nog in groot skok. Lamese was nie net een van ons beste werknemers nie, maar ook ‘n vriendin en in sommige gevalle van ons werknemers se beste vriend en mentor. Die afgelope vier jaar het Lameze ‘n absolute steunpilaar geword, sy het haar werk baie ernstig opgeneem. Sy was energiek en het altyd gelag. Ons almal gaan haar baie mis.”
Ferreira sê geen begrafnisreëlings is al getref nie.
“Cell C in Kimberley sal vir twee dae gesluit wees en weer Donderdag oopmaak.”
Ferreira het bygevoeg die hele Cell C-span dink aan Elvern, haar man, en haar gesin.



