Bruin is hierdie winter die nuwe swart

Deel hierdie storie / Share this story

Alle skakerings van bruin is hierdie winter in die kol – van sjokolade tot beige. Daar sal beswaarlik ‘n dag verbygaan dat jy nie een van ons gunsteling-glanspersone hierdie kleurpalet sal sien dra nie.

Wat is die eerste paar woorde wat in jou gedagtes opkom as jy aan die kleur bruin dink? Vaal en saai? Aikôna, die modebedryf bewys steeds dis een van die gewildste kleure, in al sy skakerings, wat jy kan dra. Dis minder hard as swart en hierdie seisoen groot nuus. Hier is idees hoe jy dit kan dra: