KIMBERLEY. – Die bevelvoerders van Galeshewe en Kimberley se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), lt.-kol. Marli Strydom en kapt. Sebata Tsiu, is deur kapt. Sergio Kock van die SAPS na die mediasentrum by Radio Teemaneng Stereo (RTS) vergesel.
Kapt. Masahay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê lede van die SAPD het Maandag 24 Junie 2019 ‘n radio-onderhoud op die 8-uur-ontbytprogram met Benjamin Tshabile van RTS gehou.
Die bevelvoerders van die FCS-eenhede het hulle daaglikse pligte en ook die regte en verantwoordelikhede van slagoffers van gesinsgeweld en seksuele misdrywe uiteengesit. Die bevelvoerders het die aanmeldingsprosedures aan die luisteraars verduidelik en die slagoffers aangemoedig om die stilte oor hierdie soort misdade te breek.
Kapt. Sergio Kock het ‘n oorsig oor die misdaadsituasie van die naweek gegee en onlangse suksesse deur die Noord-Kaapse FCS-eenhede uitgevoer, en hofuitsprake wat gevolg het, uitgelig. Veiligheidswenke vir vakansiegangers en leerders is ook tydens die radio-onderhoud aan die gemeenskap oorgedra.





