Sopkombuis vir straatkinders

Deel hierdie storie / Share this story

Rudi Dreyer (38) van die Lodge Union of Athole 591 het ’n minute afgestaan om met FiND iT te gesels oor die mobiele sopkombuis wat hulle môre gaan hou.

“Ons het elke jaar bygedra tot liefdadigheid, maar wil graag meer deel word van die gemeenskap. Ons het in die verlede kontant bygedra, maar ons wil meer prakties betrokke wees.”

Dreyer sê hulle gaan môre ’n mobiele sopkombuis hê waartydens ons deur die gemeenskap gaan rondry en bakkies sop uitdeel vir mense wat op straat woon.

“Mense op Barkly-Wes het gehoor van ons planne vir môre en het gevra dat ons dieselfde daar kom doen, so ons hoop dit loop goed af.”

Foto: Rudi Dreyer