FiND iT BIED GEDURENDE DIE CURRIE-BEKER KOMPETISIE ‘N REUSE-CELL C TOUCHIE-TOERNOOI AAN
FiND iT het die hulp van ses administrateurs nodig wat ons kan help om die partytjie van ‘n leeftyd te reël.
34 Touch-rugbyspanne (24 senior 16 jaar en op; asook agt junior spanne 2-14 jaar) gaan oor ‘n tydperk van drie weke in die Tafel Lager-stadion as voorskou vir die Currie-beker teen mekaar meeding as die nr. 1 Touch-rugbyspan.
Die geleentheid gaan gepaard met ‘n partytjie-atmosfeer, hope prysgeld, ambassadeurs vir ons borge en laat-aand kuiers.
Is jy daardie entoesiastiese persoon wat touch-rugby agtergrond het, vermoë om te reël en te organiseer?
Wil jy deel wees van die grootste touchies-toernooi wat Tafel Lager-park nog gesien het?
Los jou naam en nommer hier en ons sal binnekort met jou in verbinding tree.



