Veldstraat tussen Kirstenhof en Donkerhoek in Galeshewe is vir herstelwerk aan die stormwaterstelsel gesluit.
Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Werkers is tans in die gebied met die konstruksie van ’n stormwaterdreinstelsel besig.”
’n Inwoner van die buurt sê: “As dit hier reën, dam water in die middel van Veldstraat op. Een van die inwoners in my straat se voertuig het onlangs hier in die water vasgesit.”




