Ma verskyn môre in hof vir baba-moord

Deel hierdie storie / Share this story

HONDEKLIPBAAI. – Die ma wat na bewering haar pasgebore babadogtertjie in ‘n swartsak weggegooi het, verskyn môre weer hier in die hof.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat die lyk van die pasgebore babatjie in ‘n swart sak by die Hondeklipbaai-stortingsterrein gekry is.

“Die baba se lyk is September verlede jaar gekry.

Die baba het ernstige kopbeserings gehad en was reeds oorlede toe sy deur plakkers ontdek is. Die polisie het inligting opgevolg en Chirelda Lombard (32), wat na bewering die ma van die baba is, op 22 Oktober 2018, in hegtenis geneem.

Sy is op 25 Oktober verlede jaar op waarskuwing vrygelaat. Sy verskyn môre weer in die hof.

Die ondersoek duur voort.