Die premier vir die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, het tydens sy onthaal vir die Comrades-wenners groot planne vir sport en toerisme in die provinsie aangekondig.
Dr. Saul het die wenners geprys en gesê: “Julle kan julle eie marathon hier hê. Die Diamond Race in Kimberley. Eerste prys R300 000. Dit sal die beste atlete hierheen lok en ’n hupstoot vir toerisme in die provinsie wees.”
Voorts sê hy: “Ons gaan eers moet bewys dat ons die kleiner take suksesvol kan voltooi. Ons gaan die stad moet laat sprankel. Wanneer beleggers by die lughawe land, moet hulle hier wil belê.”



