Dit wil amper voorkom of alle finale in die SuperSport-reeks na die Pumas en Lafellager Griekwas lei.
Alhoewel die span van Kimberley nie werklik oortuig het in die eerste helfte nie, het hulle nooit na ‘n span gelyk wat in die moeilikheid is nie. Hulle tweede helfte se spel het ook taamlik vergoed vir die rukke en stote van die eerste 40 minute. Hoe dit ookal mag wees, is dit nou alles iets van die verlede. Griekwas speel eerskomende naweek teen die Pumas en dit sal ʼn wedstryd van twee helftes wees.
Span se slaankrag
Griekwas se breier, Brent Janse van Rensburg, was die tevrede met die span se vertoning in die eerste helfte nie, maar die tweede helfte het vergoed vir die foute van die verlede. Die span se slaankrag kom juis van goeie eerste fase besit wat maklik omgeskakel kan word in punte, mits daar by die span se spelpatroon gehou word. Dit was deeglik sigbaar in die tweede helfte waar die agterste drie oorgenoeg bal gehad het om mee te baljaar.
Wel met die semi-finaal uit die pad en in die sakkie is al wat oorbly die naweek se vertoning.
Geen maklike taak
Janse van Rensburg se sy span sien uit na die naweek, maar weet dat dit geen maklike taak sal wees nie. Griekwas was in hulle laaste drie vorige pogings onsuksesvol om die gewenste koppie huis toe te bring. Die Pumas is allermins die huidige SuperSport Rugby Challenge kampioene en sal met ‘n vrag selfvertroue die span van Kimberley aanpak.
Oorgenoeg ervaring, spoed en krag
Wat dinge vir Griekwas ver moeilik is die feit dat Pumas wel oor genoeg ervaring, spoed en krag besit om enige span op enige dag te klop. Hulle los-trio het menige spanne hierdie jaar geboelie by die afbreekpunte en dit is hier waar die wedstryd moontlik gewen of verloor kan word. Al die spanne in hierdie jaar se kompetisie het dit moeilik gevind om omgekeerde besit by die span van Nelspruit te kry, teenstrydig met dit was die Pumas se balbesit oorgenoeg. Dit het ook verseker dat hulle groot planmaker, Devon Williams, as deel van die agterste drie met oorgawe kon speel. Hierdie is ‘n speler wat Griekwas Sondag 14:30 in Saldanha moet dophou.
Dissipline en karakter
Tafel Lager Griekwas reis na Saldanha met feitlik een aspek wat elke span nodig het om groot wedstryde te wen: dissipline. Die span het hierdie jaar nie net op die veld nie, maar ook van die veld gewys met watse karakter hulle speel. Die enigste kraak in hulle mondering wat juis die einste Pumas-span teen wie hulle vroeër vanjaar verloor het. Daardie wedstryd kon selfs beskryf word as een wat hulle moes wen of liewers van vergeet.
Genoeg spoed
Sondag – en soos elke finaal is ‘n wedstryd – wat anders benader word en gewoonlik nie met hoe tellings gepaard gaan nie. Griekwas se agterste drie is egter uiters gevaarlik. Enver Brand verlede jaar se voorste driedrukker en Anthony Volmink het genoeg spoed om enige span nagmerries te besorg.
Voorlangs het Ewald van der Westhuizen in die semi-finaal werklik uitgeblink op stut. Sy beweeglikheid maak nou amper van hom ‘n ekstra losvoorspeler.
Afskoptyd – 14:30
Saldanha



