Hoe beskerm jy jou kinders die vakansie?

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noord-Kaap maak ‘n dringende beroep op alle leerders om veilig te bly en hulle daarvan te weerhou om betrokke te raak by enige kriminele aktiwiteite tydens die skoolvakansies. Die skole het vir die Junie-vakansie gesluit en baie leerders is ledig en raak uiteindelik betrokke by onwettige aktiwiteite betrokke.

Hoewel die kinderbeskermingsweek ons herinner om nie die veiligheid van ons kinders as vanselfsprekend te aanvaar nie, sal die volgende veiligheidswenke help om die jeug te beskerm:

• Moenie alleen buite speel en in afgesonderde plekke, waar niemand weet waar jy is nie
• Pasop vir “vriendelike” vreemdelinge
• As jy iewers gaan, maak seker dat jy jou ouers, voogde of enige volwassene van jou verblyfplek inlig en met wie jy saamgaan
• Moenie alleen snoepwinkels besoek nie en enige aanbiedinge van geld of lekkers van vreemdelinge aanvaar nie
• Moenie alleen buite in die strate speel nie. Bly binne die huis en waar jou ouers jou te alle tye kan sien
• Moenie na sjebiens of tavernes toe gaan as jy deur volwassenes gestuur word om alkohol te koop nie
• Moenie enige saamrygeleenthede van vreemdelinge aanvaar nie, selfs al bied hulle jou groot bedrae geld of enige ander item aan
• Tieners word aangemoedig om nie vriendskapversoeke van vreemdelinge op Facebook te aanvaar of foto’s van hulleself te neem en dit op Facebook te plaas nie
• Moenie enige drankwinkels besoek om alkohol saam met volwassenes te gebruik nie
• Moenie alleen in donker en afgesonderde gebiede loop nie en moenie kortpaaie deur stil plekke soos sportvelde, parkeerareas en onbewoonde huise neem nie
• Moenie aanbiedinge van vreemdelinge aanvaar om jou huis toe te neem nie
• Jongmense word ook vir hulle selfone seergemaak, steek dus jou selfoon weg wanneer jy in die openbaar loop

Die veiligheid van ons kinders en jeugdiges is ‘n prioriteit vir die SAPD en die gemeenskap moet die ingesteldheid dat my kind almal se kind is, aanneem..

Die SAPD moedig ook die ouers aan om seker te maak dat jou kinders beskerm en veilig is. Ons moedig ook kinders aan om die SAPD se noodnommer 08600 10111 te onthou en om enige kriminele aktiwiteite te rapporteer.