Heinrich Gabler (28) wat onlangs die titel as Meneer Suid-Afrika gewen het, het vir ‘n paar minute met FiND iT gesels.
Is jy getroud?
“Nee, ek is nie getroud nie. Ek is wel al vir drie jaar in ‘n verhouding met Anneke Hamman. Sy is ‘n gr. 1-onderwyseres in die Paarl.”
Hoe het jy gevoel op daardie oomblik toe jy as wenner aangekondig is?
“Dit was ‘n onbeskryflike gevoel. Dit is 11 jaar se droom wat uiteindelik waar geword het. Dit het die wind uit my seile geneem.”
Wat is jou gunstelinggesegde?
“Never give up, never back down. Dit staan op my muur ook geskryf. Dan beteken 1 Jer. 29:11 – I know the plans I have for you, declares the Lord, plans to prosper you and not harm you, plans to give you hope and a future – vir my net so baie.
Wat hou jou nederig?
“Ek gee nie omdat ek baie het nie, ek gee omdat ek weet wat dit is om niks te hê nie.”




