Die beseerde eenoog-perd wat laas week deur die Sol Plaatje-munisipaliteit se skutmeester verwyder is, sterk glo aan.
Die perd is deur die staatsveearts ondersoek en kry antibiotika en ander medikasie. Die veearts het ook genoem dat die perd ondervoed is en nie meer gery mag word nie.
Die perd is na ‘n plaas geneem waar hy verder sal aansterk.



