KIMBERLEY. – Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, onthaal vanaand die Comrades-atlete van die Noord-Kaap.
Bronwyn Thomas, woordvoerder vir Saul, sê hy wil persoonlik die atlete gelukwens. “Om aan die Comrades-marathon deel te neem, vat geweldige toewyding, deursettingsvermoë, dissipline en determinasie.”



