Stiefpa verkrag dogter

Deel hierdie storie / Share this story

KURUMAN. – Die stiefpa van ‘n 15-jarige meisie hier gaan lewenslank tronk toe nadat hy haar verkrag het.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die man is Donderdag lewenslank tronk toe gestuur nadat hy sy stiefdogter op 4 April 2017 verkrag het.

Die meisie is die dag van die voorval in die man se sorg gelaat, terwyl haar ma winkel toe is. Die man het die meisie kamer toe gestuur, waar hy haar gegryp het en op die bed neergegooi het. Hy het haar toe verkrag.

Die meisie het haar ma van die voorval gesê en die man is in hegtenis geneem. Hy is sedertdien in aanhouding.

Lt.-genl. Risimati Peter Shivuri, provinsiale kommissaris, het die vonnis verwelkom.

Hy het a.o. Goodness Semetsa, die ondersoekbeampte, vir haar goeie werk geloof. Hy het benadruk hoe belangrik die verhouding tussen die polisie, die nasionale vervolgingsgesag en die departement van justisie, is.

“Die man, as die stiefpa van die meisie, moes haar beskerm. Nou sal hy vir sy hele lewe lank agter tralies sit. Verkragters moet weet hulle kan nie daarmee wegkom nie. Jy moet altyd jou gesin beskerm,” het hy gesê.