Winkel in Kimberley brand

Deel hierdie storie / Share this story

Georgestraat is afgebaken nadat ‘n winkel hier na bewering begin brand het.

Tshiamo Balepile, ‘n omstander, sê die rook was baie erg. “Ek weet nie wat gebeur het nie.”

Nog ‘n omstander sê die winkel was toe, daar was niemand in die winkel nie. Hulle het slegs vlamme sien uitkom aan die agterkant.

Die brand is intussen geblus. Die brandweer, ER24, Care4You en nooddienste is op toneel. Dit is nog nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie.