Plaag van kindermishandeling

Deel hierdie storie / Share this story

ROODEPAN. – ‘n Holistiese benadering van almal in die samelewing is nodig om ‘n einde aan die misbruik van kinders te maak.

Daarom het die SAPD in Roodepan, in samewerking met die departemente van die premier – sport, kuns en kultuur – in die Noord-Kaap, asook Lovelife, besluit om gister ’n optog deur die hele gemeenskap van Roodepan te hou vir bewusmaking van die plaag van kindermishandeling wat in ons gemeenskappe voorkom.

Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het vertel hoe hulle dié optog afgesluit het met netbalspeletjies by die Lovelife-sentrum in Roodepan.