Hoërskool Adamantia se bekende kroningsaand sal op 23 Augustus 2019 plaasvind. Kaartjies vir die aand sal vanaf die derde kwartaal by die skool en by die finaliste beskikbaar wees.
“Dit is die eerste jaar dat die seuns ook kan deelneem aan die kroningsaand. Die seuns het beslis die potensiaal om deel te neem en dit is net regverdig as hulle ook ‘n kans kry om ‘n verskil in die gemeenskap te maak. Ons het wonderlike seuns met meer as genoeg persoonlikheid om hulle staal te wys,” verduidelik juffrou Tanya Jordaan.
FiND iT gaan weekliks twee finaliste bekend stel. Kyk ook na Addies se Facebook-blad hier.
Kayla Collins
Kayla beskryf haarself as iemand wat uitsien na elke dag en na dit wat die dag mag inhou. “Saam met dit sal ek ook altyd die goed in iemand sien. Ek is baie lief vir die natuur en glo dit is een van die mooiste skeppings van God.”
“Ek het ingeskryf vir Mej. Addie om ’n verskil te maak, al is dit net om ’n glimlag op iemand se gesig te sit. Een van my projekte is Bophelo-kinderhuis. Mense kom nie altyd agter hoeveel kinders sonder ouers is en liefde kort nie.” Sy sê om met die kinders te kon werk, het haar hart baie bly gemaak. “Die kindertjies het diep in my hart geklim. Be the reason for someone’s smile!”

Ghünter Brits
Ghünter sê hy hou van die natuur en die plaaslewe. “Ek hou daarvan om aan aktiwiteite deel te neem en saam met my vriende te wees. Ek het ingeskryf vir Mnr. Addie, want ek wil graag ’n verskil in die gemeenskap en mense se lewens maak,” vertel hy.
“My passie is rugby, daarom is Faf de Klerk my rolmodel. Mnr. Jordaan en mnr. Thomas is ook groot sporthelde vir my. Hulle inspireer my en maak dat ek net my beste wil gee op die rugbyveld. Dit is lekker om te weet daar is soveel onderwysers wat altyd daar is vir my.”




