Sokker vir Afrika!

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON. – Ter viering van jeugdag, het Upington SAPS en GPF-lede (gemeenskapspolisieforum) die dag gevier deur ‘n vriendskaplike sokkertoernooi vir die onder 18-seuns in Karosstadion op Woensdag 12 Junie 2019 te bied. Vyf sokkerspanne het aan die toernooi deelgeneem waarna hulle almal met sertifikate vir deelname toegeken is.

Die doel van die geleentheid was om die jeug te ontwikkel en te bemagtig deur te weet dat daar verskillende kwessies in ons gemeenskappe is wat die persoonlike vermoëns en drome versteur.

Verskeie sprekers het die jeugdiges gemotiveer en aangemoedig om gefokus te bly en weg te bly van dwelms en kriminele aktiwiteite.

Die uitkoms en ondersteuning van die gemeenskapslede sowel as die spelers was ‘n groot samekoms wat nie verwag is nie. Al die spelers en gemeenskapslede wat deelgeneem het, is voorsien van kos en lekkergoed. Die geleentheid was ‘n sukses en almal het hulleself op ‘n professionele manier hanteer wat tot geen onaangename voorvalle gelei het nie.