Inwoners van Kimberley het hulle ervaring op sosiale media gedeel nadat hulle na bewering deur verdagte bemarkers vir hulle bankbesonderhede in Chapelstraat in die middestad geteister is.
FiND iT het met ’n omstander by een van die banke in die middestad gesels. “Ek werk in die gebied. Daar is verdagtes met kaartmasjiene wat in die middestad loop. In sommige gevalle gee hulle voor hulle verkoop versekering en wil jou eerste paaiement swipe. In ander gevalle gee hulle voor hulle doen bemarking vir ’n bank,” verduidelik sy.
Tumelo Mosikare, sekretaris van Sol Plaatje-gemeenskapsforum, vra dat lede van die publiek bedag moet wees wanneer hulle in die middestad loop. Voorts vra hy dat lede van die publiek nie hulle persoonlike inligting met enigiemand moet deel nie.



