Ongeluk op die hoek van Carters- en Pickeringstraat

Deel hierdie storie / Share this story

’n Blou Volkswagen-motor en ’n wit Toyota-bakkie was omstreeks 10:00 op 6 Junie op die hoek van Carters- en Pickeringstraat in ’n ongeluk betrokke.

Luidens ’n omstander het die bestuurder van die Volkswagen teen ’n hoë spoed oor die vierrigtingstopstraat gery. Voorts sê hy: “Die motor het die Toyota-bakkie getref en ’n hele ent verder tot stilstand gekom.”

Nooddienste het die ongelukstoneel veilig begin maak toe FiND iT dit verlaat het.