Vermiste meisie van Douglas dood gekry

DOUGLAS. – Die lyk van die 16-jarige meisie, Jolandre Tolli, wat op 2 Junie vanjaar hier vermis geraak het, is gekry.

Haar lyk is ongeveer 150m vanaf haar huis gekry.

Lt.-kol. Dikamatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die lyk van die meisie is Donderdagoggend in Breipaal gekry. “Sy is deur die polisie se soek – en reddingseenheid gekry. Haar lyk is in ‘n oop veld gekry.”

Mooi sê die polisie is steeds op die toneel en het nog nie meer inligting nie. “Die polisie sal inligting deurgee soos ons dit ontvang.”

Jolandre was ‘n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Weslaan op Douglas. Sy is laas by die plaaslike taverne met ‘n swart hemp en blou jeans gesien.

1 thought on “Vermiste meisie van Douglas dood gekry

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: