R10 000 vir vermiste persoon

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die polisie in Kimberley bied ‘n beloning van R10 000 aan vir die persoon wat inligting kan gee om ‘n man op te spoor.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die 40-jarige man, Rrabatho (Rrabie) Lekhu, word al sedert 11 April vanjaar vermis.

“Die man is op 11 April na Kimberley se middestad deur ‘n vriend geneem. Die vriend het hom by 659 Solomon Mekgwestraat, in Retswelele, opgetel en hom naby Auto Pedigree-motors in Du Toitspanweg in Kimberley, afgelaai.

“Die man het ‘n T-hemp met ‘n kortbroek en plakkies aangehad toe hy verdwyn het.”

Jansen sê die polisie bied die beloning aan vir positiewe inligting wat daartoe kan lei om die man op te spoor of die persoon wat verantwoordelik is vir die verdwyning van die man, vas te trek.

“Jou identiteit sal beskerm word en jy kan anoniem inligting gee deur 08600 10111 te skakel.”

Die ondersoekbeampte is lt. kol. MW Beni. Kontak hom by 063 691 0926 of 053 838 4254 of stuur ‘n epos aan [email protected].