Kimberley in “dire straights”, sê munisipale advokaat

Deel hierdie storie / Share this story

Die speaker van Sol Plaatje-munisipaliteit het raadslede wat nie betyds of glad nie vir die raadsvergadering opgedaag het nie sterk veroordeel. Voorts sê sy: “Die raadslede wat nie opdaag nie en wat nie ’n geldige verskoning het nie wil nie hier wees om ’n verskil te maak nie.”

Die raadsvergadering het ongeveer tien minute laat begin. Twee EFF-raadslede is ingesweer. Aankondigings onder andere verjaarsdae en sterftes van raadslede en munisipale werkers is deur die speaker aangekondig.

Die munisipale advokaat het hoogtepunte van die vorige jaar se finansiële oudit aan die raad voorgelê en gesê die oudit lyk nie goed nie.

Voorts sê hy: “Die belangrike posisies van die munisipale bestuurder en hoof finansiële bestuurder is nog nie opgeklaar nie. Luidens die besprekings rondom die 106-verslag gaan dit nie binnekort uitgeklaar word nie.”

Onder andere is die volgende probleme in die interne oudit as krities uitgewys:

  • Die jaarlikse assessering van personeel is nie vir die 2016 / 2017 en 2017 / 2018 finansiële jaar gedoen nie.
  • Magtigings word nie gemonitor nie.
  • Geen beheer oor begrotingsbesteding nie.
  • Ondoeltreffende stelselbeheer.
  • Geen formele prosedure vir verlof nie.
  • Geen seël van bemagtiging of kwitansies vir BMG-behuising nie.
  • Belangrike inligting word nie op die behuisingdatabasis opgevang of opdateer nie.
  • Die titelakte van BMG-huise word nie aan die eienaars oorgedra nie.
  • Toestand van BMG-behuising is swak.
  • Geen waarskuwingtekens by oop velde opgerig nie.
  • Geen bewyse dat titelaktes nageslaan word om te verseker dat verhuurders werklik die eienaars van eiendomme is nie.
  • Inspeksies van behuising word nie gedoen wanneer bouwerk afgehandel is nie.

DA-raadslid Phillip Vorster vra dat ‘n disiplinêre verhoor moet volg weens waarskynlike wanbestuur.

Spesiale raadsvergadering om oudit en 106-verslag te bespreek

Raadslede was eers verdeeld oor ’n datum vir die spesiale raadsvergadering. Die twee datums wat beskikbaar is, is 14 of 20 Junie. Mabilo het gevra dat raadslede nie oor ’n datum verdeeld word nie. “Kom ons behou die samewerking en verloor nie nou stoom nie. Kom ons fokus om die probleme in die oudit uitgewys te herstel.”

Vorster en die res van die raadslede het saamgestem. ’n Besluit is gemaak om die vergadering op Vrydag 14 Junie te hou.