Verkrag deur my beste vriend – leser vertel

Deel hierdie storie / Share this story

“Ek is verkrag deur ‘n man wat ek as een van my beste vriende beskou het.”

“Hy sou my terg, my drukkies gee, my hare deurmekaar maak en seker maak dat ek veilig by die huis kom na ‘n partytjie.”

“Een keer het ‘n groep van ons uitgegaan en ‘n man het te aggressief geword. My vriend het hom weggejaag en seker gemaak ek was okei. Hy was ‘n goeie vriend en iemand wat ek vertrou het. Ek het altyd na sy huis toe gaan om saam met hom en sy kamermaats te kuier. Ek was gelukkig en naïef. En toe, een aand, het hy my verkrag.”

“Ek onthou daardie nag soos gister. Ek onthou hoe ek gelag het en hom herinner het dat hy ‘n meisie het. Ek onthou hoe ek besef het dat dit nie ‘n grap was nie en dat hy eintlik homself op my af dwing. Ek onthou hoe hy van my kledingstukke afgetrek het en ek hulle gou gegryp het en probeer het om hulle te gebruik om myself te beskerm. Ek onthou hoe ek hom van my probeer wegdruk het. Ek onthou hoe ek sy naam geskree het en gehuil en gesmeek het vir hom om te stop. Ek onthou dat ek nee geskree het. Ek het uiteindelik opgegee. Ek onthou dat ek net daar gelê het, terwyl hy alles wat hy wou met my gedoen het. Ek onthou hoe my kop herhaaldelik die muur getref het en ek onthou dat ek in sy oë gekyk het en niks gesien het nie.”

“Daardie nag het my verander. Almal sê dat jou verkragting jou nie definieer nie en terwyl ek weet dit is waar, is ek ‘n ander persoon as gevolg van daardie aand. Ek vertrou nie mense nie. Ek het angs. Ek is depressief. Ek is bang vir intimiteit. Dit is jare sedert daardie nag en ek het nog steeds PTSD.”