Griffon Xhwangu sal van vandag af vir jou ‘n groot verskeidenheid lekker koffies en lattés by die Crazy Horse-restaurant bedien.
Griffon is al drie jaar in die koffiebedryf en het onlangs by Crazy Horse aangesluit. Crazy Horse bied onder andere cappuccinos, espressos, lattés, gegeurde cappuccinos, gegeurde lattés, mochas, white mochas, red cappuccinos, cappuccino delux, iced coffee, iced mochas, gegeurde tee en avagatos bied. Dit is ook beskikbaar vir wegneem.
Elke Dinsdag kos cappuccinos slegs R15 elk
Crazy Horse het ook ‘n fietsrak geïnstalleer vir die fietsryers om koffie te kom geniet. Daar spring elke Saterdagoggend fietsryers weg by Crazy Horse en alle fietsryers is welkom om ‘n gratis filterkoffie te geniet wanneer hulle klaar gery het.
Kom geniet lekker koffie en lekker geselskap by Crazy Horse!



