SAPD take a child to work-veldtog

Die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) het hierdie week aan die jaarlikse nasionale take a child to work-veldtog met die tema #MoreThanADay deelgeneem, deur leerders van verskeie skole regoor die land te ontvang.

Die SAPD in al nege provinsies, in alle afdelings en hoofkantore het aan hierdie veldtog deelgeneem. Die veldtog het oor twee dae plaasvind. Leerders het Donderdag 30 Mei 2019 die verskillende afdelings besoek met die oog op blootstelling aan verskeie loopbane binne die SAPD.

Op Vrydag 31 Mei 2019 sal die minister van polisie, genl. Bheki Cele, en die nasionale kommissaris van die SAPD, genl. Khehla Sitole, die dag by die Tshwane-polisie-akademie in Pretoria deurbring. Voorheen het die veldtog slegs jong meisies van graad 10 en 12 geteiken, maar sedert 2018 is manlike leerders ook ingesluit. Vanjaar het die veldtog ook gr. 8- en 9-leerders wat aan die veldtog deelneem, ingesluit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *