Liplekker choc chip-koekie-resep

Bestanddele:

1 ¼ koppies granulated suiker

1 ¼ koppies bruin suiker

1 ½ koppies botter of margarien

2 teelepels vanielje-essens

3 eiers

4 ¼ koppies meel

2 teelepels bakpoeier

½ teelepel sout

2-4 groot eetlepels choc chips

Stap vir stap

Verhit die oond op 180 grade.

Klits die granulated suiker, bruin suiker en botter/margarien goed saam. Voeg dan die eiers en die vanielje by en klits weer deeglik.

Meng die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg alles by mekaar en klits.

Vou die choc chips in die mengsel.

Maak klein balletjies en sit dit op ‘n bakplaat. Moenie die pan smeer nie.

Bak die koekies vir ongeveer agt tot 10 minute. Koekies moet gou bruin van kleur wees.

Pak die koekies op ‘n afkoelrak en laat dit afkoel vir vyf minute.

Maak ‘n lekker koppie koffie of tee en eet en geniet dit!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *