NOORD-KAAP – Die Mothibistadse streekhof het Woensdag 29 Mei ‘n 35-jarige man tot 22 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het na bewering sy 15-jarige niggie by Cassel verkrag. Die misdryf het op 17 Februarie 2016 plaasgevind, volgens brig. Ramatseba.
Na bewering het die beskuldigde die slagoffer van die plaaslike taverne na sy plek geneem het. Hy het haar aangerand en verkrag.
Die hof het ook ‘n 29-jarige man, Kagisho Stella Bisone, tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, nadat hy op 16 April 2014 ‘n 59-jarige vrou by Cassel verkrag het.
Volgens Ramatseba het Kagisho toegang tot die slagoffer se huis gekry deur die venster te breek. Kagisho is op nog ‘n klag van motorkaping skuldig bevind en tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.
‘n 57-jarige man het na bewering vir Kagisho ‘n saamrygeleentheid gegee waarna hy hom met ‘n gebreekte bierbottel geslaan het en in die motor gevlug het.
Hy is die dag na die kaping in Mothibistad in hegtenis geneem. Die beskuldigde sal sy twee vonnise afsonderlik uitdien.
John Taolo, Gaetsewe cluster commander en maj.-genl. Johan Bean het die twee ondersoekbeamptes, sers. Andile Dennis Afrika en konst. Freddy Thathaetsile Moamogwe, geluk gewens met vir hulle noukeurige ondersoek.



