Vandag 30 Mei 2019 is Hemelvaartdag waarop Christene die dag vier toe Christus na die kruisiging en opstanding na die hemel opgevaar het.
Hemelvaart word elke jaar op die veertigste dag vanaf die eerste Paasdag gevier, dus verskil die datum elke jaar.
Hemelvaart val wel elke jaar op ‘n Donderdag en tien dae voor Pinkster.
Lande wat Hemelvaart vier
In baie lande waaronder België, Colombië, Denemarke, Duitsland, Finland, Frankryk, Groenland, Haïti, Ysland, Indonesië, Lichtenstein, Luxemburg, Madagaskar, Namibië, Nederland, Noorweë, Oostenryk en Switserland, is Hemelvaartdag ‘n vakansiedag.
Interessante feite oor Hemelvaartdag
In vroeëre jare het mense op Hemelvaartdag al teen drie-uur snags opgestaan om al singend kaalvoet oor gras te loop, omdat hulle geglo het dat dit ‘n ritueel is wat ‘n magiese en genesende uitwerking sou hê. Dit word doutrap genoem.
Bybelvers
Handelinge 1:9-11 & Hebreërs 1




