Brandstofprysverligting deur koolstoftaks in die wiele gery

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê ’n ekonomiese storm is op pad.

Die prys van brandstof sal met 1c per liter daal terwyl diesel met 24c per liter sal toeneem.

Luidens ’n persverklaring deur die AA uitgereik, het die internasionale olieprys met ongeveer 19c per vat gedurende Mei gedaal. Voorts sê hulle: “Alhoewel die waarde van die rand oor die tydperk gewissel het, het dit stabiel tussen R14.15 tot R14.60 teenoor die dollar gevaar. Daarom daal die prys van van petrol met 10c terwyl die prys van diesel met 14c sal styg. Maar as gevolg van koolstoftaks wat in Junie in werking tree, sal die prys van brandstof effektief met 1c daal. Die prys van diesel sal met 24c styg.”

“Enige huidige kwessies kan die prys van brandstof in die tweede helfte van die jaar beïnvloed. Ons raai aan om nie op die kort- tot mediumtermyn op die stabiliteit van die petrolprys staat te maak nie. Ons verwag ’n ekonomiese storm op die pad vorentoe,” verduidelik die AA.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: