Ondergrondse myners in gevaar

Deel hierdie storie / Share this story

Oortollige rioolwater stroom nog by ’n huis in Dyerplek, Beaconsfield uit. Na bewering word ondergrondse mynwerkers by KEMJV se lewens in gevaar gestel as gevolg van die riool wat by die mynskag se loopgrawe oorloop.

Luidens ’n Facebook-plasing deur Henry Meier is die probleem op verskeie geleenthede aan Sol Plaatje-munisipaliteit rapporteer. Voorts sê hy: “Drie verwysingsnommers, naamlik 201903, 202017 en 202129 uitgereik, maar die probleem is nog nie opgelos nie. Ons het ook die departement van water en sanitasie genader. Die departement het riglyne vir die munisipaliteit uiteengesit, maar gebaseer op ’n boodskap ontvang sal ek ’n weddenskap van R50 aangaan dat dit nie gou herstel sal word nie.”

Luidens die plasing volg die myn drie keer per dag met die munisipaliteit op, omstreeks 08:00, 12:00 en 16:00. Voorts sê hy ’n interdik volg indien die probleem nie opgelos word nie.

FiND iT het Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje vir kommentaar gekontak, maar het nie teen die tyd van publikasie terugvoering ontvang nie.