Doxa-bestuurskool gee 10 wenke

Deel hierdie storie / Share this story

Hennie Brits, eienaar van Doxa-bestuurskool in Kimberley, gee 10 wenke oor hoe om jou lisensie met lof te verkry.

Hennie se 10 wenke

1.  Maak ‘n wyse besluit wanneer jy ‘n bestuurskool kies. Doen eers goeie navorsing. Slaagsyfer en instrukteurs met geldige instrukteursertifikate moet prioriteit wees.

Goedkoop is nie noodwendig die beste nie. Dit kan jou duur te staan kom.  

2.  Begin met ‘n positiewe ingesteldheid. Negatiwiteit gaan jou nêrens bring nie. Die woorde ek kan nie bestaan nie in my woordeskat nie.

3.  Werk saam met jou instrukteur, nie teen hom nie. Moenie slim probeer wees nie.

4.  Doen alles 100% soos wat vir jou gesê of verduidelik word. Moenie jou eie kop volg nie.

5.  Oefen tussen lesse en ry K53 te alle tye. Dit moet muscle memory word. Dit help jou om selfvertroue te bou.

6.  Beheer jou stresvlakke. As jy iemand is wat maklik stres, kry iets wat jou gaan kalmeer.

7.  Vat dinge stadig.  Moenie jou toets afjaag nie. Haastige hond verbrand sy mond.

8.  Maak seker dat jy jou volgordes ken, en verstaan en pas dit toe.

9.  Konsentreer, want dis die uur van jou lewe wat jy 100% moet fokus. As jy vir ‘n splitsekonde nie fokus nie, veral tydens die baantoets, kan dit jou jou lisensie kos.

10.  Moenie nuwe truuks uithaal op die dag van jou bestuurderstoets nie. Hou by wat jy ken en kan doen. 

Besoek Doxa vandag by Avivaweg 56, Hillcrest Kimberley.