Newton bied 30 Mei ’n program vir Moslems aan

’n Omsendbrief is deur Primêre Skool Newton uitgestuur om ouers bewus te maak van die spesiale program wat hulle op 30 Mei 2019 vir die Moslem-leerders gaan aanbied.

“Elkeen is welkom om die program by te woon,” sê die skool.

“’n Reëling is met mev Shouneez Wookey gemaak en Appa Ayesha sal die diens lei.”

“Mnr. Gerrie Enslin sal die leerders om 07:45 op die gr. 1 se speelterrein kry en die leerders weer om 08:45 gaan haal om hulle na hulle klaskamers te vergesel.”

“Alle leerders moet steeds die dag by die skool teenwoordig wees, aangesien die eksamen Donderdag begin.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *