Hond ernstig beseer toe hy skrik vir weer

‘n Hond is Dinsdagaand ernstig beseer toe hy deur die heining van sy erf probeer kom het, nadat hy vermoedelik Dinsdagmiddag uit die erf gevlug het as gevolg van swaar weer.

Volgens ‘n inwoner in Cassandra het die bure die hond later die aand hoor huil en ondersoek gaan instel. “Die bure het die hond gekry waar die agterste gedeelte van sy maag in die devil’s fork vassit. Hy was op pad terug in die erf.”

Die eienaars was ten tye van die insident uitstedig, maar is op pad terug Kimberley toe.

Die DBV het aan FiND iT bevestig die hond is okei en is tans by die veearts.

 “Die eienaars werk nie in Kimberley nie. Ek gaan ‘n voorstel maak dat hulle lidmaatskap by ons uitneem en indien hulle weggaan, kan hulle die hond by ons inboek. Dan weet hulle die honde is veilig,” sê Andrew Mpof, ‘n werknermer by die DBV in Kimberley.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: