Twee van my – leser vertel

Deel hierdie storie / Share this story

“Laat in die nag gaan ek gewoonlik verskeie kere toilet toe, maar die afgelope vier aande, elke keer as ek badkamer toe gaan, sien ek myself staan in die spieël uit die hoek van my oog. Dit is asof ek vir myself staan en kyk terwyl ek uit die badkamer stap. Dit maak my bang tot die punt waar ek elke keer uitloop sonder om direk na die spieël te kyk. Ek het my man nooit daarvan vertel nie, want ek wou dit nie hardop erken nie.”

“Ek het vroeër vandag ‘n bietjie gelê en slaap in ons bed, terwyl my man in die kamer langsaan gesit en TV kyk het. Toe ek wakker word, het hy my vertel dat hy my op die rand van die bed gesien staan het en agtertoe terugkruip uit die hoek van sy oog.”

“Hy het gedink dit is vreemd dat ek so opgestaan het, want ek is in die laaste maand van my swangerskap en ek kan nie regtig so goed beweeg nie. Hy het met my prober praat. Toe ek nie antwoord nie, het hy opgestaan en kom kyk of ek okei is. Hy het my nog in die bed gekry waar ek rustig lê en slaap. Ek het regtig bang geraak en ek het hom uiteindelik vertel van wat ek in die badkamer gesien het. Hy het gedink dit was ook vreemd, maar wou nie regtig daaroor praat nie, want hy dink dit sal die “ding” of “energie” krag gee oor ons. Ek het geen idee wat dit wil hê of hoekom ons dit albei gesien het nie.”