Die gewilde Afrikaanse sanger, Appel, kom kuier op die 8ste Junie 2019 by Bella Cardi Wedding venue.
Appel het bekendheid verwerf met treffers soos Lei my na die water, Boer loop deur my are, Kom lê my neer en Jagter.

Die aand beloof om ‘n aand van lekker musiek, dans en geselligheid te wees.
Hekke open om 18:00 en die vertoning begin om 20:00. Etens kan dus bespreek word en sal bedien word tussen 18:00 en 20:00.
Daar sal ‘n kontant kroeg beskikbaar wees. Geen eie drank word toegelaat nie.
Kaartjies
R150 per persoon
R1500 per tafel van 10
R80 vir kinders onder 10
Vir meer inligting kontak gerus vir Andrea by 083 350 3504




