Die departement van telekommunikasie en die posdiens waarsku diensverskaffers teen ‘n slenter wat vir kwotasies aan besighede gestuur is.
Luidens ’n persverklaring deur die departement uitgereik word die vals e-posse vanaf [email protected] uitgestuur. Die skelms gebruik hulle eie telefoonnommer 012 516 0899 en faksnommer 086 218 0531 om voor te gee hulle is van die departement. Hulle vra kwotasies aan vir 34 lugversorgers by kleiner besighede met vervalste dokumente met die departement se embleem daarop.
“Die persoon werk nie by die departement nie. Dit is ook nie die departement se kontakbesonderhede nie. Die dokumente lyk eg, maar die departement waarsku die publiek om bedag te wees op bedrog,” verduidelik die departement.
Let op na die volgende:
- Die regte webtuiste vir die departement is @dtps.gov.za
- Die departement se nommer begin met 012 427 en 012 421.
- Bestellingnommers moet met OR- begin.



