Inwoners van die Homestead-area het hulle kommer uitgespreek nadat ’n kragkabel weer vanoggend gesteel is.
André Joemat, ’n inwoner van Homestead, het gesê hulle het reeds vir meer as twee dae laasweek nie krag gehad nie. “Ek het die munisipaliteit vanoggend gebel. Hulle het bevestig dat ’n kragkabel gesteel is. Ek het hulle vanmiddag weer gebel, waartydens die persoon by die inbelsentrum gesê het die kragkabel wat hulle vanmiddag vervang het, beskadig is tydens die proses en nou weer vervang moet word.”
Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het bevestig dat die kragkabel deur ’n kontrakteur beskadig is. Hulle is tans besig om die probleem op te los en vra om verskoning vir die ongerief.



