Help Spinderella se wiele vinniger spin

Deel hierdie storie / Share this story

Tashnicka Hassen (16), ’n graad 12-leerling aan Hoërskool Noord-Kaap, het naam vir haarself in die motorsportbedryf gemaak en is gereed om borge te verteenwoordig.

Lees ons vorige artikel, SpinDerella (16) het skare aan die gons met skreeuende bande.

“Die hoogtepunt van my motorsportloopbaan tot dusver was toe ek die Noord-Kaap by ’n spinning-byeenkoms vir vrouebestuurders in Augustus verlede jaar verteenwoordig het. Die byeenkoms maak deure vir vroue in die wêreld van motorsport oop. Ek het ook deelgeneem om die bewusmaking van borskanker en ander kwale wat vroue affekteer te bevorder,” verduidelik Hassen.

Voorts sê sy: “Ek het aan verskeie byeenkomste deelgeneem. Dit het vir my ’n netwerk van promotors geskep wat my van toekomstige uitnodigings verseker.

Hassen het aan die volgende byeenkomste deelgeneem:

  • Spinderella  (Johannesburg)
  • Austin’s Spin Bash (Johannesburg)
  • Lido Hotel. (Johannesburg)
  • Ennerdale Spin City. (Johannesburg)
  • Kanyamazane Spin City (Nelspruit)
  • Klerksdorp Spin City. (Klerksdorp)
  • Kuruman Easter Weekend (Kuruman)
  • Lorenzo’s Spin Bash (Kuruman)
  • Kroonstad Spin City (Kroonstad)
  • Enock Spears Spin Bash (Oos-Londen)
  • Port Elizabeth
  • Austin’s Spin Bash (Vryburg)

Motorsport is ’n duur passie

Bande en brandstof brand enorme gate in die sakke van motoriste. Daar is geen uitsondering vir liefhebbers van ’n sport waar die bande gespin word totdat dit bars nie. Spinners bestee baie tyd en geld aan die onderhoud van hulle spin-sportmotor en om die byeenkomste by te woon.

Hassen hoop om borge te werf om haar te help om haar motor te onderhou en dit moontlik te maak om byeenkomste te kan bywoon. Borge kan hulle besigheid of produk op die motor adverteer deur een van die plakker-plasings te borg.

Besighede of persone wat belangstel om Hassen te borg, kan haar bestuurder, Michelle Hassen, by 083 563 4299 te kontak.

Voorlegging vir borge