Vreemdelinge in die nag

‘n Leser vertel aan FiND iT die nag van erge trauma, toe sy deur twee vreemdelinge verkrag is.

“Ek was 17 jaar oud toe ek een aand van my vriendin se huis af, huis toe geloop het. Ek het baie aande so huis toe geloop en het nooit onveilig gevoel nie. Oppad huis toe, het ek verby ‘n bar gestap. Ek het altyd vinniger gestap wanneer ek verby die bar gestap het. ‘n Paar blokke van die bar af, het iemand my aan my skouer gegryp en n hand oor my mond gedruk. Die stem het in my oor gefluister, dat as ek skree, hy my sou dood maak.”

“Twee mans het my opgetel en in ‘n systraat ingedra. Hulle het altwee messe gehad en beurte gemaak om my te verkrag. Nadat hulle klaar was, het hulle my net daar gelos.”

“Ek het seker vir nog ‘n uur na dit in die systraat gesit, ek kon nie beweeg nie. Ek het later opgestaan en verder huis toe geloop. Toe ek by die huis kom het ek reguit bed toe gegaan en vir niemand gesê nie.”

“Die volgende oggend, het my ouers agter gekom iets is nie lekker nie. Hulle het my toe hospitaal en polisie stasie toe geneem.”

“Dit is al twee jaar later en die gebeurtenis maak my nog steeds naar. Dit is baie moeilik om daaroor te kom, maar dit is moontlik om aan te gaan met mens se lewe.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *