Katie Hopkins (44) het die week ’n video op sosiale media geplaas, nadat sy die nuus ontvang het oor al die plaasmoorde wat in die laaste week plaasgevind het. “Niemand is bereid om oor plaasmoorde te praat nie,” sê sy in die video wat al talle kere gekyk en gedeel is.
Sy is ’n Engelse rubriekskrywer en sakevrou. Sy was in 2007 ’n deelnemer aan die derde reeks van The Apprentice en na verdere verskyning in die media, het sy ’n rubriekskrywer vir Britse nasionale koerante geword, berig Wikipedia.
Kommentaar op die video
Talle mense het kommentaar op die video gegee en van die comments lui:
Ingrid de Klerk het gesê: “Dankie Katie Hopkins dat jy die woord versprei. Die wêreld moet weet!”
“Dankie dat jy die wêreld maak sien, Katie,” was die woorde van Rina Jansen van Rensburg.
Sanet Geyser het ook dankie gesê. “Dankie Katie Hopkins dat jy die brutaliteit wat hierdie boere in die gesig staar, deel en ook die trauma waaraan hulle geliefdes blootgestel is.”



