UPINGTON. – Die polisie en lede van die gemeenskapspolisiëringsforum op Upington het vandag uitgereik na mans wat op plase werk.
Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die polisie het die plaas, Alsace Boerdery Trust besoek.
“Die polisie het met mans op plase gepraat oor gesinsgeweld en die misbruik van drank en dwelms. Dit is onder die tema, “Werkersmaand”, gedoen. Die besoek is grotendeels gedoen om mans van hulle maatskaplike verantwoordelikheid bewus te maak.”



