Man vir bedrog met wild gevang

’n Man van Kimberley (34) is gisteraand hier in hegtenis geneem. Die aanklag teen hom hou na bewering verband met bedrog wat in die wildsbedryf gepleeg is.

Kol. Dikamotso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die man is in hegtenis geneem nadat daar ’n lasbrief uitgereik is.

“Die vermeende misdryf is na bewering op Aberdeen gepleeg. Die man is tans in aanhouding en sal deur die polisie op Aberdeen kom haal word. Hy sal daar in die landdroshof verskyn.”

Mooi sê die man behoort binne die volgende twee dae in die hof te verskyn.

Die man se identiteit is aan FiND iT bekend, maar kan nie bekend gemaak word totdat hy in die hof verskyn nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *