Drie dagga-handelaars in Kathu aangehou

Deel hierdie storie / Share this story

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle in besit van dagga was, sal Dinsdag 28 Mei in die Kathu-landdroshof verskyn.

“Die verdagtes – Lungisani Mzinyane (27), Mthobisi Mamini (32) en Vuyani Bala (26) – het vlugtig voor die landdros in Kathu verskyn en is tans op borg vrygelaat. Hulle is die naweek by hulle huise tydens die misdaadvoorkomingsoperasie in hegtenis geneem,” sê kol.Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder.

Luidens die verklaring is meer as 1,73 g hidrodagga, 22 kwart Mandrax-tablette, drie halwe Mandrax-tablette en ‘n onbekende kontantbedrag is in besit van die beskuldigdes gevind.

Die John Taolo Gaetsewe cluster commander, maj.-genl. Johan Bean, het die lede onder sy bevel geprys vir die feit dat die dagga gekonfiskeer is – dit het gelei tot die inhegtenisname van die verdagtes.