Man steeds nie vir kinderpornografie gevonnis

Roelof du Toit (40), ’n musiekonderwyser van Barkly-Wes, sou vandag vir die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie gevonnis word. Du Toit is op 27 Maart vanjaar op dié klagte skuldig bevind. Hy is sedertdien in aanhouding.

Uitstel gevra

Hy het uitstel gevra om ’n nuwe regsverteenwoordiger aan te stel, nadat Riaan Bode onttrek het. Du Toit het sedert hy vyf jaar gelede in hegtenis geneem is, meer as een regspan gehad.

Uitgevang

Du Toit is in Januarie 2014 hegtenis geneem nadat ’n Amerikaanse polisie-agent met hom oor e-pos begin praat het. Dié polisieman het homself as ’n 15-jarige kind voorgedoen.

Du Toit het saam met ’n 12-jarige kind in Kimberley in New Park gebly toe hy in hegtenis geneem is. Foto’s van dié seun is glo oor e-pos deur Du Toit versprei. Hy is oorspronklik op twee klagte van kinderverkragting aangekeer.

Die saak teen Du Toit is in 2016 van die rol geskrap omdat die staat nie sy “huis in orde” gehad het nie. Die nasionale vervolgingsgesag het die saak weer aanhangig gemaak.
Adv. Ronewa Makhaga, van die nasionale vervolgingsgesag, kla aan. Landdros Memory Qomoyi sal vonnis 3 Junie oplê.

Foto:twooceansvide

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *